

Indien nodig, word “degreaser” of Kopersulfaat met ‘n rugsak spuit op die hele oppervlak gespuit. Hierdie middels verwyder vetterige kolle op die dak en berei die oppervlak voor vir goeie klewing van verf. Let wel dat die produkte nie skadelik is vir die omgewing nie.
Daarna word die oppervlak skoongespuit met industriele masjiene d.m.v. “Rotating
Power Nozzles”, met ‘n druk van tussen 150 en 250 bar. Hierdie metode maak die dak baie beter skoon as die konvensionele manier wat “scrapers” en staalborsels insluit.

Indien u ou teeldak nuwe teels benodig, kan ons ook die vervanging volledig behartig. Nuwe brandring sowel as die waterdigting materiaal word vervang onder die teels.

Nadat die oppervlak droog is word die onderlaag(indien nodig) en dan die bolae d.m.v. “Airless Spray” aangewend. Die verf word met ‘n druk van ongeveer 200 bar opgespuit deur ‘n baie dun “nozzle”. Hierdie metode verseker dat die verf baie egalig opgesit word. Kwas strepe en oneweredige aanwending deur rollers word dus heeltemaal uitgeskakel.

Spray-it Roofing onderneem om al die
onderhoud werk vir ‘n dak te doen. Ons spesialiseer ook in waterdigting,
asook “rubberising” van dakke en ander oppervlaktes.
Spray-it Roofing is begin as ‘n verf besigheid in Bloemfontein en Vrystaat omgewing as gevolg van ‘n tekort aan gespesialiseerde verf-spuit aanwenders. Ons spesialiseer nie net in aanwending van verf nie, maar ook waterdigting en onderhoud van dakke. Diens kontrakte kan ook aangegaan word vir die instandhouding van dakke.


Het u enige vrae? Kontak my gerus.